Loflied as gebed

Here ons God en onse Vader. Die God van Abraham, Isak en Jakob. Ek staan in dankbaarheid voor U my Heer. Here dankie dat U my veilig deur hierdie dag bewaar het. Dankie dat U my genadig was in alle teespoed wat my pad gekruis het. Dankie Here dat U my gered het uit die net van die voelvanger en die bose planne van my vyande. Dankie dat U in my behoeftes voorsien het. Dankie Here dat U my voed met U Woord en my lawe met U Water. Here Jesus U woord se kom na my toe almal wat vermoeid en belas is. Dankie Here dat ek by U kan kom skuil en onder U vlerke kom rus. Dankie Here dat U die wat U liefhet in rustigheid laat slaap. Dankie Here dat U vrede wat alle verstand te bowe gaan in my hart sal kom rus en my sinne bewaar in Christus Jesus. Ek kan net U naam loof en prys. Net soos Dawid Heer kan ek sing en psalmsing tot U eer. Wie is bo U my God? - want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou. U Here is n'vesting vir die arme, n'vesting vir die behoef...