Gebed - Tong

Here my God en my Vader. Ek staan nederig voor U my Heer. Here ek het slegs toegang tot U deur Christus my Verlosser. Here Jesus dankie dat U bloed vir my intree en namens my spreek. Dankie dat U dit vir my moontlik gemaak het om voor God die Vader te verskyn. Here my versoek vandag is dat U my tong sal aanraak met U heilige vuur. Here U woord maak dit duidelik dat geen mens die tong kan tem nie, daarom Here het ek U hulp nodig. Here haal die gif uit my tong uit. Here U woord se verder dat die tong soos n' skip se roer is. n' Bittere klein deel wat n' groot skip stuur. Here laat my asb besef dat wat ek se kragtig is. Die woorde wat ek spreek my lot bepaal. Here toe U die aarde geskape het, het U gespreek en dit het gebeur. Here alhoewel ons nie U krag het nie funksioneer ons in U dimensies en daarom gebeur dit wat ons spreek. Here U woord se my tong is die pen van n' vaardige skrywer. Here help my om die regte woorde met my tong neer te pen. Here U woord se da...