Posts

Showing posts with the label Psalm 23

Gebed Psalm 23

Image
Here ons God en Vader, ons Heiligmaker en Verlosser. Dankie vir hierdie dag wat verby is. Dankie vir die seeninge wat ons uit U hand ontvang het. Dankie dat U volgens U woord die onheil van ons weerhou het. Dankie dat U vandag in al my behoeftes voorsien het. Here ek staan op U woord: Ps 23. U woord se ek sal niks ontbreek nie want U is my Herder. Dankie Here! Here dankie dat U my vandag gelei het in alles wat ek moes doen. Here help my sodat ek op die paaie van U geregtighede kan wandel. Vader waar ons vannag gaan slaap vra ons dat U, U engele opdrag sal gee om oor ons te waak. Here U woord se ek hoef geen onheil te vrees nie want U is met my. Here ons weet dat die vyand ons drome kan beinvloed en daarom vra ons dat U ons drome sal beskerm. Here spreek tot ons in ons drome en gee ons U woord deur ons drome. Laat U stok en staf my vertroos en my op die regte wee lei Here. Here dankie dat my beker sal oorloop met vreugde, liefde, opregtheid en sukses. Dankie Here dat U goedhei...