Gebed - Seeninge
Jesus ons Verlosser en God ons Vader ek dank U, loof U en prys U grote naam. Here ek bid dat elke persoon wat die gebed lees deur U beskerm sal word en dat U krag deur hulle sal werk. Here dankie dat die saadjies van U koningkryk deur hulle geplant sal word en dat U naam daardeur verheerlik sal word. Here seen die persoon wat die gebed tot U rig. Seen hulle met U liefde, U krag, U wysheid en U vrede. Here ons weet dat as ons U koningkryk soek en ons daarvolgens lewe dat alle ander seeninge tot ons toegevoeg sal word. Dankie Here dat U ons sal lei om koningkrykskinders van U te word. Here waar Satan ons verhoed om U boodskap uit te dra vra ek dat U ons dubbele voordeel sal gee. Here daar word van ons verwag om ons werk as Christene te doen maar Satan rol alle struikelblokke in ons pad. Here help ons om te besef dat n'nederige gebed enige struikelblok sal verwyder. Gee ons die krag om ons werk vir U te verrig. Here U weet waar U woord uitgaan sal dit verandering bring...