Gebed Psalm 23

Here ons God en Vader, ons Heiligmaker en Verlosser. Dankie vir hierdie dag wat verby is. Dankie vir die seeninge wat ons uit U hand ontvang het. Dankie dat U volgens U woord die onheil van ons weerhou het.

Dankie dat U vandag in al my behoeftes voorsien het. Here ek staan op U woord: Ps
23. U woord se ek sal niks ontbreek nie want U is my Herder. Dankie Here!
Here dankie dat U my vandag gelei het in alles wat ek moes doen. Here help my sodat ek op die paaie van U geregtighede kan wandel.

Vader waar ons vannag gaan slaap vra ons dat U, U engele opdrag sal gee om oor ons te waak. Here U woord se ek hoef geen onheil te vrees nie want U is met my. Here ons weet dat die vyand ons drome kan beinvloed en daarom vra ons dat U ons drome sal beskerm. Here spreek tot ons in ons drome en gee ons U woord deur ons drome. Laat U stok en staf my vertroos en my op die regte wee lei Here.

Here dankie dat my beker sal oorloop met vreugde, liefde, opregtheid en sukses. Dankie Here dat U goedheid en U guns my sal volg tot in lengte van dae.

Here ons dank U vir U beloftes en vir U genade. Dankie dat ons in die Naam van Jesus ons Verlosser voor U kan kom en op U woord kan staan. U sit U woord bokant U naam. Dankie Here, Amen

Comments