Gebed - Tong



Here my God en my Vader.

Ek staan nederig voor U my Heer. Here ek het slegs toegang tot U deur Christus my Verlosser. Here Jesus dankie dat U bloed vir my intree en namens my spreek. Dankie dat U dit vir my moontlik gemaak het om voor God die Vader te verskyn.

Here my versoek vandag is dat U my tong sal aanraak met U heilige vuur. Here U woord maak dit duidelik dat geen mens die tong kan tem nie, daarom Here het ek U hulp nodig. Here haal die gif uit my tong uit.

Here U woord se verder dat die tong soos n' skip se roer is. n' Bittere klein deel wat n' groot skip stuur. Here laat my asb besef dat wat ek se kragtig is. Die woorde wat ek spreek my lot bepaal. Here toe U die aarde geskape het, het U gespreek en dit het gebeur. Here alhoewel ons nie U krag het nie funksioneer ons in U dimensies en daarom gebeur dit wat ons spreek.

Here U woord se my tong is die pen van n' vaardige skrywer. Here help my om die regte woorde met my tong neer te pen. Here U woord se dat ons met dieselfde mond waarmee ons God loof, die mense wat na U gelykenis gemaak is vervloek. Uit dieselfde mond kom seen en vervloeking. Here vergewe my waar my tong my laat struikel en sondig.

Here tree in my lewe in, God neem beheer. Here verhoed dat my tong n' werker van onheil word. Here verhoed dat my tong bedrog pleeg en leuns spreek. Here laat my tong U loof en prys sodat my lofsange vir U aanneemlik sal wees. Here sonder U is ek niks.

Here wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriende geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie. Here help my sodat ek in U tent kan vertoef in U teenwoordigheid kan skuil.

Here ek versoek al hierdie dinge met n' nederige hart in die naam van Jesus Christus ons Verlosser, Bemiddelaar en Koning. Amen


Notas: Bybel Afrikaans 050 series - 1978 (15de druk)

Exodus 11: 7 Maar teen geen een van die kinders van Isreal sal n' hond sy tong veroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die Here n' ondrerskeid maak tussen die Egiptenaars en die Isrealiete.

Josua 10: 21 het al die manskappe by die laer , by Josua behoue teruggekom in Makkeda; niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.

Job 5:21 As die tong gesel, word jy weggesteek; en jy hoef nie bang te wees vir die verwoesting as dit kom nie.

Job 6:24 Onderrig my en ek sal swyg; en maak my duidelik waarin ek misgaan het. 30: Is daar onreg op my tong?

Job15:5-6 Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges. Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja jou eie lippe getuig teen jou.

Job 20:12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong.

Job 27:4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie.

Psalm 10: 7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdukking; onder sy tong is moeite en onreg

Psalm 12: 4 Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat, hulle wat se: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?

Psalm 15: 1- 3 Here wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriende geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Psalm 31: 21 U steek hulle weg in n'hut vir die twis van tonge.

Psalm 34: 14 Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

Psalm 30: Die mond van die regverdige verkondig wysheid en sy tong spreek wat reg is.

Psalm 39:2 Ek wil my wee bewaar sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die godelose nog voor my is.

Psalm 45: 1 My tong is die pen van n'vaardige skrywer

Psalm 50: 19 Jou mond laat jy los in boosheid, jou tong vleg bedrog.

Psalm 52:4 Jou tong beraam onheil, soos n'geslypte skeermes, o werker van bedrog! Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leun meer as om geregtigheid te spreek. Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

Psalm 64: 9 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien skud hulle hoof.

Psalm 66:17 Ek het hom aangeroep met my mond, en my lofsang was onder my tong.

Psalm 126:2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gese: Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.

Jakobus 3: 8 -10 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is n'onboetvaardige kwaad, vol dodelike gif. Daarmee loof ons God en die Vader en daarmee vervloek ons mense wat na gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom leun en vervloeking. Dit my broeders behoort nie so te wees nie.

Comments