Gebed - soos n'mosterdsaadjie

Here onse God en Vader

Ons kom in dankbaarheid voor U en dank U dat U seun Jesus Christus vir ons die weg deur sy bloed voorberei het om voor U te kan verskyn soos Johannes 14:6.

Jesus U het gese dat die Koningkryk van God soos n'mosterdsaadjie is en dat waar dit gesaai word dit so groot soos n' boom sal word. Here saai vandag die saadjie van U koningkryk in my en my gesin se lewe. Here help ons om die saadjie genoegsame water te gee sodat U koningkryk so stewig soos n'boom in ons lewe kan groei. Here ek verlang dat U my sal help om al die onkruid van sonde uit my lewe uit te roei. Dankie Jesus Christus dat U bloed ons met God die Vader versoen het en dat ons deel kan vorm van U koningkryk.

Here Jesus Christus ons verlang dat U die hoeksteen van ons geestelike huise sal wees. Here U woord se tog as ons ons geestelike huise bou op U woord en U waarheid dan sal die storms van die lewe dit nie kan omwaai of vernietig nie. Here help my om my huis op U rots te bou en dat my huis se fondamente in U geanker kan wees. Here ek kom na U want mens is slegs tot enigeiets in staat deur God wat hom die krag gee. Uit my eie mag is alles nietig en verlore, ek het U krag nodig.

Here ek dank U, loof U en prys U helige naam, want U goedentierentheid is tot in ewigheid. Amen



Comments