Gebed - Verlossing en beskerming


Here, ons God en Vader, ons Regter en ons Leidsman ons Verlosser. Dankie Here vir nog n'dag wat verby is. Dankie vir U leiding en genade. Laat my gebed soos reukwerk voor U aangesig staan; die opheffing van my hande soos die aand offer.

Strek uit die hoogte U hande uit; ruk my uit, red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes, wie se mond leuns spreek en wie se regterhand n' regterhand van bedrog is. Welgeluksalig is die mens wie se God die Here is!

Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om godeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. Here stel n' wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. Lei my siel uit die gevangenis om U naam te loof! O God ek wil n' nuwe lied sing tot U eer!

Leer my om U welbehae te doen want U is my God, laat U goeie Gees my lei. Heer vernietig my vyande in U goedentierentheid en bring hulle voor U regstoel, almal wat my as vyand behandel want ek is U kneg. Here gee tog nie die begeertes van die godelose nie; laat sy listige plan nie geluk sodat hy verhef kan word of homself op sy sonde kan roem nie. Here spreek reg.

Here, Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof en by U kan ek skuil. Slegs U weg my Heer is die ewige weg. Hou my voete geanker in U weg.
Ek vra als in die naam van Jesus Christus my verlosser. Amen 

Comments