Nederige versoek

Here my God as ek roep verhoor my, o God van my geregtigheid. Wees my genadig en verhoor my gebed.

Here ons kan so baie van U vra elke dag. Vandag Here verlang ek nie aardse besittings, of rykdom, nie. Here ek verlang dat U, U wee aan my bekend sal maak. Here ek verlang om U te ken en om in die poorte van U huis te vertoef. Ek verlang U vrede en vreugde wat alle verstand te bowe sal laat gaan. Ek verlang dat U my nederig sal hou en U wysheid my sal besoek. Here ek verlang om U te ken.

As ek die hemele aanskou die werke van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het - wat is die mens dat U aan hom dink en die mensekind dat U hom besoek? U Here het ons weinig minder gemaak as engele en ons met eer en heerlikheid gekroon. Hoe kan ons U nie loof en prys nie Heer?

Ek wil in vrede gaan le en meteens aan die slaap raak want U Here alleen laat my in veiligheid woon. U is my bergvesting en my rots, my redder en my leidsman, my geneesheer en my Vader. Amen

Comments